Graad 10, 11 en 12-Eksamenhulp taal- en leesoefenboeke nou beskikbaar
Het jou kind hulp met Afrikaans nodig in grade 10, 11 of 12? Loer gerus na die nuwe eksamenhulp titels.

Met skole wat weereens gesluit is weens die Covid-19-inperking, kan skoliere baatvind by ekstra leerbronne soos hierdie reeks van Graad 10, 11 en 12-eksamenhulp taal- en leesoefenboeke wat nou beskikbaar is. Best Books Eksamenhulp bevat taalopsommings met toepaslike voorbeelde en taaloefeninge, sowel as konsepvraestelle om die grondslag vir sukses te lê.
Elke hoofstuk bevat ‘n begrips – en hersieningstoets. Dit bevat ook wenke en raad vir die beantwoording van vraestelle. Die boek lê die grondslag vir sukses in die verband en bevat opsommings van elke taalstruktuur en konvensie in. Die Graad 10 oefenboek kan tot Graad 12 gehou word en kan saam met Best Books se oefenboeke vir Graad 11 en 12 gebruik word.
Die eksamenoefenboek:
– Is saamgestel volgens die vereistes van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring en die nuutste uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls.
– Bevat taaloefeninge wat teoretiese kennis oefen en toets, en die geleentheid bied om dié kennis toe te pas.
– Bevat wenke met voorbeelde ter voorbereiding van toetse en eksamens.
– Die Graad 10 oefenboek sluit vier konsepvraestelle vir vraestelle 1 en 3 in.
– Bied plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing.
– Is geskik vir gebruik in die klaskamer óf tuis. Weergawes van hierdie boeke, gemik op Graad 11 en Graad 12, is vroeër die jaar gepubliseer. Al die titels is ook as e-boeke beskikbaar.
Besoek gerus www.nb.co.za vir meer inligting.



Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
