Nuwe boek deur Rekord-skrywer pas op die rakke

"Dis 'n kuns om nou veilig van dag tot dag te leef."

Bekende oud-dominee uit die Moot en jarelange skrywer van stiltetyd vir die Rekord, Johan Pienaar, se nuwe boek Om in die donker te vlieg, het onlangs verskyn.

Met die boek wil hy mense help om in die onsekerheid waarin die wêreld hom tans bevind te navigeer.

“Dit vra soveel meer besluite om selfs die elke dag se lewe te leef. Dis ’n kuns om nou veilig van dag tot dag te leef,” vertel Pienaar.

“Daar is twee belangrike woorde in die nuwe boek se titel.”

Donker – “Geen mens sal verskil met die oordeel dat dit tans baie donker rondom ons is nie. Die enigste twee vrae is, hoe diep die donker is en of ons lewend hier gaan uitkom. Die koerante is vol van die magstryd tussen Amerika en Sjina; Miljoene honger kinders in Jemen; Geel baadjies wat protesteer in Frankryk en inwoners met Swart maskers wat Hong Kong onregeerbaar maak en dit alles terwyl die wêreld kreun oor die vernietigende effek van Cocid-19.”

“Die wêreld het regtig ’n onsekere woonplek geword. Niks is meer vanselfsprekend nie. Niks nie. Die enigste sekerheid is dat alles onseker is.”

ALSO READ: Moot-skrywer voltooi nog ’n boek

Die tweede belangrike woord in die titel, volgens Pienaar, is “vlieg”.

Pienaar het self op ’n stadium sy vlieglisensie verwerf en omdat daar in die vliegwêreld net soveel onvoorspelbares is, vernaam om in die donker te vlieg, “is dit dalk ’n goeie plek om te gaan soek vir ‘n paar belangrike lewenslesse”.

Hy het aan die hand van sy vliegervaringe 21 gesprekke neergeskryf.

Pienaar inspireer en bemoedig al vir meer as 12 jaar Rekord-lesers met die Stiltetyd-rubriek en is baie opgewonde oor die wye reaksie op die rubrieke.

“Dit bly wonderlik om mense raak te loop en hulle sê hulle het dit of dat raakgelees,” vertel hy.

Pienaar sê ook dat hy in sy tyd as leraar die behoefte daaraan gesien het om om mense te motiveer.

“Dit is vir my belangrik om mense te kan help sodat hulle met nuwe moed na die lewe kan kyk,” sê hy.

“Só met elke rubriek wat ek skryf, is dit die boodskap wat ek probeer oordra – stories van waar mense dit reggekry het.
Met die nuwe boek wil ek dieselfde doen.”

Johan en sy vrou, Rita, woon in die Moot.

Persone wat belangstel om die boek aan te skaf kan Pienaar kontak by sy epos-adres: pienaarjf@telkomsa.net.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button