Local News

Hoekom dit belangrik is om verlore slaap in te haal

Met die skoolvakansie, sien die jongmense nie net uit na 'n paar dae van niksdoen nie, maar ook om verlore slaap in te haal.

POLOKWANE – Om genoeg te slaap is ‘n belangrike aspek van ‘n kind se ontwikkeling en ‘n volwassene se daaglikse bestaan.

In vandag se tyd waar kinders reeds van vroegdag besig is en eers laat in die aand tot ruste kom, is slaap dikwels die deel wat afgeskeep word. Met die skoolvakansie, sien die jongmense nie net uit na ‘n paar dae van niksdoen nie, maar ook om verlore slaap in te haal.

Genoeg slaap vir ‘n tiener is nodig om konsentrasievermoë te verbeter.

Dit verbeter ook jou bui aangesien jy meer beheer oor jou emosies het.

Volgens kenners moet ‘n tiener tussen nege en 10 ure per nag slaap.

Sommige tieners kan maklik aan die slaap raak wanneer hulle skielik nie die besige lewe van skool het nie, en heel dag voor die TV kan lê.

Te veel slaap het egter ook sy nadele.

Soms skuil ‘n tiener agter slaap aangesien hy nie nodig het om voor te gee alles in sy lewe verloop glad, nie.

Ongelukkig is dit ook waar dat hoe meer jy slaap hoe erger raak jou depressie.

Hoe meer jy slaap, hoe meer wil jy slaap en hoe minder energie het jy vir enige iets anders, soos oefen.

Volgens www.sleepfoundation.org ‘n paar wenke:

Behou jou roetine.

Jy kan ‘n uur of wat later slaap of gaan slaap, of selfs ‘n middagslapie neem, maar balanseer dit uit met sosiale aktiwiteite of oefening. Naby aan die einde van die vakansie, moet jy begin om jou roetine weer na die oorspronklike roetine te verander.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

 
Back to top button