Om die jaar se harde werk by die Limpopo Province Sport Karate and Kickboxing Academy (LPSKKA) af te sluit is daar op Saterdag, 5 Desember 'n prysuitdeling gehou waartydens die atlete sertifikate en trofeë ontvang het vir hulle prestasies deur die jaar.
Maryna Peyper en Elize Pretorius deel die trofee vir Senior Meisie van die Jaar.
Leandri Peyper ontvang die trofee vir Junior Meisie van die Jaar.
Kate Theron ontvang die trofeë vir Meisie Vasbyter en Mees Toegewydste Student.
LPSKKA skopboks klub se Limpopospan spog met hulle nuwe sakke.
Erica Peyper ontvang ‘n spesiale toekenning vir Junior Student 2001/2015. Sy begin volgende jaar mer haar seniorloopbaan by die klub.
Herman Nieman ontvang die trofee en sertifikaat vir Little Ninja.
Kian Kleynhans en Stefan Pretorius is aangewys as Kata Student van die Jaar (beide), Junior Seun van die Jaar (Kian), Instrukteur van die Jaar – Manlik (beide), Algehele Junior Student van die Jaar (beide) en Swartbelt Student van die Jaar (Stefan).