Makhado meisies speel weer bobaas krieket
Hoërskool Louis Trichardt se o/19 -meisieskrieketspan het op Saterdag, op hulle tuisgronde teen Hoërskool Mawelereng te staan gekom en gewen

Hoërskool Louis Trichardt se o/19 -meisieskrieketspan het op Saterdag 7 September, op hulle tuisgronde teen Hoërskool Mawelereng te staan gekom en gewen.
Hoërskool Louis Trichardt het eerste gekolf en het 322 lopies aangeteken in 40 boulbeurte, met die verlies van slegs drie paaltjies.
Hoërskool Mawelereng het 25 lopies in 12 boulbeurte aangeteken met die verlies van sewe paaltjies.
Die beste kolwers vir die dag was Richelle Lambert wat 134 lopies aangeteken het van 132 balle, Lindsay Viljoen met 97 lopies van 130 balle, nie uit nie, Talita Kloppers met 12 lopies van 17 balle en Jenika Pohl met ses lopies van 15 balle, nie uit nie.
Die beste boulers vir die dag was Richelle Lambert wat in twee boulbeurte slegs vier lopies afgestaan het en 3 paaltjies gevat het, Amorien Venter wat in vier boulbeurte vyf lopies afgestaan het en twee paaltjies gevat het, Heidi-lene Jonck wat in vier boulbeurte 11 lopies afgestaan en een paaltjie gevat het en Talita Kloppers wat in twee boulbeurte vyf lopies afgestaan het.
Die speler van die wedstryd was Richelle Lambert.
