NewsSchool sportSchoolsSport

CVO-span vat sakke vol trofeë huis toe

Die jaarlikse interskole gholfdag wat by Legend Golf & Safari Resort gehou is, is deur die CVO-skool Potgietersrusspan gewen.

Die jaarlikse interskole gholfdag wat Vrydag by Legend Golf & Safari Resort by Sterkrivier gehou is, is deur die span van CVO-skool Potgietersrus gewen.

Dié span het 110 punte behaal. Tweede was die span van Hoërskool Piet Potgieter van Mokopane met 104 punte.

Derde was Hoërskool Warmbad met 103 punte en vierde Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi, ook met 103 punte na ‘n uittel.

Die vyfde plek is deur Curro Heuwelkruin van Polokwane ingeneem met 101 punte. Sesde was Hoërskool Nylstroom se B-span, ook met 101 punte na ‘n uittel.

Naaste aan die pen op putjie 7 was Jimmy Steele van Hoërskool Pietersburg. Naaste aan die pen op putjie 12 was Francois Duvenhage van Hoërskool Piet Potgieter.

Die langste bofhou op putjie 18 is deur Schalk Kruger geslaan.

Die spanne wat deelgeneem het, het bestaan uit of personeel van die skool, ouers van die skool, lede van die skool se beheerraad of vriende van die skool.

Die organiseerder mnr. Mauritz Hansen, het mnre. Michael Beyneveldt van Travel & Sport en Barend Wessels van Legend bedank vir die pryse wat hulle geborg het.

Hoërskool Piet Potgieter van Mokopane se span wat die tweede plek ingeneem het met Legend Golf & Safari Resort se interskole kompetisie. Van links is Barend Wessels van Legend, Stanley Blount, Munro Deysel, Philippie de Beer en Hardus de Beer.

CVO-skool Potgietersrus se span wat die eerste plek ingeneem het met Legend Golf & Safari Resort se interskole kompetisie. Van links staan Barend Wessels van Legend, maar ook lid van die span,  Arrie van Deventer, Daan Grobler, Mauritz Hansen organiseerder en lid van die span en Michael Beyneveldt van Travel & Sport.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button