EntertainmentLifestyleLocal NewsNews

Tuinbouklub lede raak kreatief in die tuin

Pietersburg Tuinbou-klub het op Dinsdag, 17 September meer geleer oor kreatiewe tuinmaak-tegnieke

Pietersburg Tuinbou-klub het op Dinsdag, 17 September meer geleer oor kreatiewe tuinmaak-tegnieke tydens hul maandelikse vergadering.

Die spreker by die geleentheid was Hannetjie Engelbrecht.

“Die hek is gewoonlik die eerste ding wat gaste van jou tuin en huis opmerk, dus moet dit aandag trek en mooi wees,” was Hannetjie se raad. Sy het vertel van die verskillende soorte hekke en het lede aangeraai om helderkleurige potte weerskante van die hek te sit.

Haar raad oor stoepe en kuierplekke het ook groot aftrek gekry. Hannetjie het aanbeveel dat lede spieëls gebruik om dié areas groter te laat lyk. “Omdat dit buite is en die spieël deur son en reën bestand moet bly, moet jy seker maak jy gebruik ‘n dik spieël,” het sy gemaan.

Verder het Hannetjie gepraat oor fokuspunte.

“Fokuspunte is baie belangrik, dit is waar jou oë tot stilstand kom en rus. Hiervoor kan jy enige iets gebruik, ‘n boom, ‘n bankie of selfs ‘n voëlbak.” Sy het verduidelik hoe ‘n ou fiets of kruiwa gebruik kan word as blombakke.

“Waterelemente is ook ideaal vir fokuspunte. Gebruik gieters of ou potte en sit net ‘n pompie in.”

Hannetjie het selfs idees gehad oor hoe om voëls na die tuin te lok. “Ouma se ou koppies en pierings is ideaal om kos en water vir voëls in te sit,” het sy verduidelik.

Sy het ook wenke gegee oor hoe om deur middel van beligting ‘n gesellige atmosfeer in die tuin te skep.

Verder het sy lede aangeraai om bankies in die tuin te sit waar mens kan kuier.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button