Local NewsNewsSchools

Oosskool neem afskeid van geliefde hoof

"Mnr. Neels Snyman was 'n baie goeie hoof wat ons gehelp het as ons dit nodig gehad het.

“Mnr. Neels Snyman was ‘n baie goeie hoof wat ons gehelp het as ons dit nodig gehad het. Hy was altyd daar. Ons wens hom graag sterkte toe daar waar hy gaan,” sê die hoofleiers van Oosskool.

Na vier jaar as hoof van Oosskool het Snyman ‘n pos by die Laerskool Garsfontein aanvaar. Hy begin amptelik daar as skoolhoof op 21 Oktober. “Ek kom van Pretoria af, het daar grootgeword en daar begin met onderwys in 1990. Ek keer terug daarheen om die sirkel te voltooi,” vertel Snyman.

Snyman is opgewonde oor die nuwe uitdagings wat die toekoms by die skool van sowat 1 700 leerders vir hom bied, maar weet ook dat hy die platteland en die vriendelikheid van die leerders sal mis. “Daar is ek in die stad, waar ek hier in die natuur is,” verduidelik hy.

Wat sal hy die meeste van Oosskool mis?

“Die vriendelikheid van die leerders; elke leerder groet jou as jy verby hom of haar loop en sommige leerders druk jou sommer,” verduidelik hy. “Oosskool is ‘n goeie skool met hoë standaarde en dit is ‘n skool waar alles in plek is,” antwoord hy.

Snyman was ook die sekretaris van die Limpopo Laerskole Rug-byunie. “Hulle sal iemand anders in my plek verkies en ek hoop van harte dat ek weer kan deel was van die rugbyunie in Gauteng.

Afskeidsboodskappe:

“Meneer was ‘n ‘great’ hoof. Dankie vir die verskil wat meneer in ons lewens gemaak het en sterkte vir die pad vorentoe,” – gr. 7 F.

“Meneer was vir elkeen van ons ‘n voorbeeld van wat ‘n leier moet wees. Met elke aktiwiteit was Meneer daar. Ons gaan Meneer se teenwoordigheid mis,” – gr. 7 K.

“Dankie vir alles wat Meneer gedoen het. Meneer was die beste en ons gaan Meneer vreeslik mis. Sterkte vir alles wat voorlê,” – gr. 7 A.

“Meneer is ‘n ongelooflike hoof. Dankie vir al die ondersteuning die laaste vier jaar. Garsfontein kan nie vir ‘n beter hoof vra nie. Mag alles van die beste oor Meneer se pad kom,” – gr. 7 H.

“Dankie dat Meneer altyd daar was en ons ondersteun het. Sterkte vir alles wat voorlê,” – gr. 7 S.

“U was verseker die beste hoof onder wie ek bevoorreg was om te werk en ek gaan U mis,” sê Chris Smith, onderwyser.

“Dankie vir die rolmodel wat Meneer op elke gebied was. Dit was ‘n voorreg om so ‘n passievolle, entoesiastiese hoof the kon hê, ‘n inspirasie vir baie. Sterkte met die toekoms,” sê Adri Lambrechts.

“Meneer was ‘n baie goeie hoof en mens. Sterkte met die nuwe uitdagings wat voorlê,” sê Rita Gadney.

“In die 23 jaar wat ek skoolhou, was die wonderlikste tyd saam met Meneer. U is ‘n hoof met uitstekende menseverhoudinge en ‘n uitnemende bestuurstyl. Alle voorspoed by die nuwe skool,” sê Anjah de Nysschen.

Die waarde waarvolgens Neels Snyman leef, het hy ook toegepas om sy eie twee seuns mee groot te maak. Hy het hierdie waarde ook in die skool ingebring: “Respekteer mekaar en wees altyd nederig. Ek hoop van harte dat die leerders en onderwysers van hierdie pragskool dit altyd sal onthou,” sê hy.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button