NewsSchools

CVO leerders plant bome

CVO-skool Potgietersrus het verlede week gehelp om nuwe bome op die skoolterrein te plant as deel van Nasionale Boomplantmaand.

Leerders van die CVO-skool Potgietersrus het verlede week gehelp om nuwe bome op die skoolterrein te plant as deel van Nasionale Boomplantmaand.

Boomplantdag het sy oorsprong in 1872 in Nebraska in die Verenigde State gehad en in Suid-Afrika is die eerste Boomplantdag in 1983 gevier. Die dag is gehou om bewustheid te kweek vir die waarde van bome in ons samelewing.

Die regering het egter in 1999 besluit om die viering van Boomplantdag te verander na Nasionale Boomplant Week. Later het dit wyer uitgekring en nou word die vieringe vir die hele maand in September gehou.

Die CVO-skool bedank Nyl Kwekery, Molly Birkholtz en al die ouers wat bome geskenk het.

Die graad 0 en 1's het ywerig gehelp plant. Links agter is Evan Pretorius en S. Janse van Rensburg. Links voor is Jacobus Venter, Jan-Hendrik Venter en Jan Albert Potgieter.
Die graad 0 en 1’s het ywerig gehelp plant. Links agter is Evan Pretorius en S. Janse van Rensburg. Links voor is Jacobus Venter, Jan-Hendrik Venter en Jan Albert Potgieter.
JT Theron en Pieter Schutte help hul onderwyseres, Danielle Alberts, om 'n boom te plant.
JT Theron en Pieter Schutte help hul onderwyseres, Danielle Alberts, om ‘n boom te plant.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button