Anria Kruger het goeie tye in al haar swemitems aangeteken en is die senior meisie Victrix Ludorum-trofee wenner.
Laerskool Krugerspark het onlangs hul jaarlikse Vissegala gehou waar die skool se swemmers teen mekaar kon meeding in die skool se swembad.
Die gala is goed ondersteun deur die ouers en leerders wat die swemmers tot die einde aangemoedig het om goeie tye te behaal.
Anria Kruger het goeie tye in al haar swemitems aangeteken en is die senior meisie Victrix Ludorum-trofee wenner.Hann Geerkens en Will Hawken het die Victor Ludorum-trofee vir die beste junior seuns gekry.Carel Smit het in al sy swemitems met sy teenstaanders afgereken en is die waardige wenner van die senior seuns Victor Ludorum-trofee.Jorinda en Leoné van Schakwyk deel vanjaar die junior meisies se Victrix Ludorum-trofee.Die jonger swemmers het ook hul slag in die water gewys. Hulle word deur Awie Hattingh (agter) van Tuks Mokopane Swemklub afgerig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!