POLOKWANE – Die Verteenwoordigende Raad van Leerders (VLR) van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé vir 2014 het verlede naweek by Villa Marula buite Polokwane gaan kamp.
“Ons het beplanning vir die komende jaar gedoen en meer oor leierskap geleer,” het Luandri Oosthuizen, lid van die VLR gesê.
Bo en behalwe vir die beplanning wat gedoen is, was daar ook persoonlikheidsontledings, spanbou-aktiwiteite, sport en speletjies vir almal om te geniet.
Die leerders het gesien hoe wit leeus gevoer word en het self ook ‘n mak bokkie gevoer.
Saterdag het hulle die kamp afgesluit met liedjies om die kampvuur.
“Ons glo dat elke VLR lid op die kamp ontwikkel het as persoon en dat ons ‘n fondasie gelê het waarop die VLR van 2014 vir die Tommies ‘n kasteel kan bou,” het Luandri gesê.
“Dit was baie lekker en ons het vreeslik baie geleer,” het Tshego Mabutla, wat op die kamp was, gesê.





