NewsSchools

Werner behaal 100% in die Afrikaans Ekspo se finaal

Werner Coetzee, leerder aan Hoër Tegniese Skool Tom Naudé is genooi na die nasionale prysuitdelingsfunksie van die Afrikaans Ekspo

Werner Coetzee, leerder aan Hoër Tegniese Skool Tom Naudé is genooi na die nasionale prysuitdelingsfunksie van die Afrikaans Ekspo in Pretoria op 12 Oktober.

Die ekspo word elke jaar aangebied vir hoërskoolleerders om ‘n kreatiewe taalervaring te bevorder.

Die ekspo bestaan uit verskeie kategorieë waarvoor leerders kan inskryf.

Hierdie kategorieë sluit in: advertensies, musiek en liriek, strokiesprente asook literêre vertaling, animasie en koerantberigte.

Werner vertel dat hy baie geskok was om te hoor hy het 100% behaal vir sy inskrywing in hierdie ekspo. “Dit is ‘n groot eer en ek het dit glad nie verwag nie,” sê hy.

Hy sê dat hy nie vanjaar aan die Afrikaans Ekspo sou deelneem nie, maar dat sy ouers hom gevra het om tog deel te neem. Werner sê dit het vir hom as motivering gedien.

“My ouers is verseker my inspirasie. Ek het hulle lief met my hele hart en hulle is my trots en my eer.”

Werner is tans in gr. 12 en beplan om volgende jaar siviele tegnologie te gaan studeer. Sy gunsteling vak is wiskunde.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button