NewsSchools

Op ‘n reis deur Suid-Afrika

Kleinbegin Kleuterskool se kleuters het onlangs konsert gehou en hulle gehoor op 'n verbeel-dingryke toer deur Suid-Afrika geneem.

Kleinbegin Kleuterskool se kleuters het onlangs konsert gehou en hulle gehoor op ‘n verbeel-dingryke toer deur Suid-Afrika geneem.

Die skool se hoof, Marietha Nel, het die aand geopen en daarna het die kleuters weggeval met bekende liedjies soos Hy Laat die Sterre Skyn, Ons Leer Uit die Natuur en Lief vir My Land Suid-Afrika.

Die kleuters het beïndruk met oulike voordragstukkies en solosang oor die muis en die krokodil. Die Muis-klas het hierdie vertonings opgevolg met Die Krokodille, Hoe Maak Hulle wat die gehoor op hulle voete gehad het.

Die kinders het die gehoor laat skaterlag met hulle verhoogkaskenades.

Die konsert het ook belangrike sake soos rommelstrooi aangespreek.

Carla Loots en Carmen Henwood het die aand afgesluit met ‘n liedjie wat vir al die mammas en pappas baie dankie gesê het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button