Beloning vir inligting oor verdagte in noodlottige tref-en-trap
Die bestuurder van 'n blou Volkswagen Polo is steeds soek nadat hy Gary Stephen (49) vermoedelik raakgery en van die toneel af weggejaag het op 5 Oktober.
Die bestuurder van ‘n blou Volkswagen Polo is steeds soek nadat hy Gary Stephen (49) vermoedelik raakgery en van die toneel af weggejaag het op 5 Oktober.
Die ongeluk het op die hoek van Mc Donald- en Marshallstraat in Florapark plaasgevind. Stephen het veelvoudige beserings opgedoen en is op die toneel deur paramedici dood verklaar.
Volgens polisie inligting is die voertuig ter sprake ‘n nuwe Volkswagen Polo, jaarmodel tussen 2008 en 2010, wat aan albei kante beskadig is.
Aan die regterkant is die gedeelte van waar misligte geplaas is afgebreek in die slag van die ongeluk en aan die linkerkant is die parneel en buffer beskadig.
Die Polokwane polisie ondersoek steeds ‘n saak van strafbare manslag.
Stephen se vrou, Tina, vra dat enige persone wat inligting het wat die polisie kan help met hul ondersoek na vore moet kom.
“Ek is bereid om ‘n beloning te betaal aan die persoon wat inligting het wat lei tot arrestasie van die persoon wat my man omgery en vir die dood agtergelaat het,” sê Tina.
Enige persoon met inligting kan AO Len Lubbe by 084 602 2398 of Tina Stephen by 071 296 8766 kontak.



