CrimeNews

Rowers martel Tzaneen-vrou

"Hulle kon net sowel 'Proudly South African' op haar uitgekerf het."

TZANEEN – “Hulle kon net sowel ‘Proudly South African’ op haar uitgekerf het.”

So het ‘n hoogs emosionele Malcolm Walkenshaw, eienaar van Liquor Lodge op die dorp gesê nadat sy vrou, Carla, verlede Dinsdag wreed in haar huis gemartel is deur rowers.

Die rowers het gevlug met ‘n aansienlike bedrag geld en duur juwele.

Carla het verlede Dinsdagaand om omstreeks 18:45 haar Yorkie uitgevat. Sy het daarna na die studeerkamer gegaan waar sy met van haar vriende in die buiteland op Facebook gesels het. Sy is in die studeerkamer oorval deur twee mans.

Volgens Malcolm het die mans haar op die vloer neergegooi, haar teen die kop begin slaan en geld geëis.

“Die een rower het ‘n mes uitgehaal en aan haar gesê: ‘Ons gaan die mes deur jou druk en jou doodmaak’,” het Malcolm vertel.

Sy het glo vir hulle gesê dat daar nie geld in die huis is nie. Een rower het haar kop tussen sy bene vasgeklem en die ander het haar glo met die mes begin steek. Hulle het ook ‘n stuk lap in haar mond gedruk sodat sy kan ophou skree.

“Sy is erg aangerand en gemartel. Hulle het ook ‘n skokstok gebruik. Een van die laaste messteke was diep en naby haar nier. Dit is ‘n genade dat sy lewe,” het Malcolm gesê.

Carla het later ingegee en sy is na die kluis gesleep. Hulle het die kode van die kluis gevra, maar hulle kon dit nie oopkry nie. Volgens Malcolm het sy gesê as hulle ophou om haar te martel, sal sy die kluis vir hulle oopmaak.

“Sy was amper dood. Hulle het haar weer geslaan en gesê sy moet maak of sy slaap. Hulle het toe gevlug.”

Carla het die huis se alarmstelsel geaktiveer en toe haar man gebel. “Sy het haarself uit die huis getrek en uitgeput op die gras gelê toe ek daar aankom.”

Johan Pienaar, die Walkenshaws se bure het gehelp om haar weer in die huis te kry. Hy het ‘n ambulans gebel sowel as die polisie.

Carla is na Mediclinic Tzaneen geneem waar sy behandel is. Sy sterk tans by die huis aan. Volgens Malcolm het sy steeds baie seer en is sy erg getraumatiseer.

Malcolm het vertel dat hy vermoed ‘n sindikaat teiken besigheidseienaars en het ‘n beroep gedoen op inwoners om bedag te wees. “Carla kon dood gewees het,” het hy gesê.

Teen druktyd was die rowers steeds op vrye voet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button