14 is ‘n belangrike nommer vir jong hoërskoolleerder
Lourens Jansen van Rensburg het hierdie jaar 'n baie spesiale verjaarsdag gevier: hy het op 14 Januarie 2014, 14 jaar oud geword.
POLOKWANE – Lourens Jansen van Rensburg het hierdie jaar ‘n baie spesiale verjaarsdag gevier: hy het op 14 Januarie 2014, 14 jaar oud geword.
Lourens vertel dat die jaar reeds vir hom baie spesiaal is omdat hy sy gr. 8 jaar in Hoër Tegniese Skool Tom Naudé begin. “Ek het die Tommie-kamp baie geniet en wil net die jaar geniet en aan soveel moontlik aktiwiteite deelneem,” sê hy.
Vir sy verjaardag het hy onder andere geld en ‘n tabletrekenaar gekry. Lourens is nog nie heeltemal seker watter loopbaan hy wil volg nie, maar dink daaraan om by die vloot aan te sluit. Hy sê hy wil graag opleiding as ‘n seesoldaat ontvang. Hy hou van 4×4 en motorfietsry. “Ek geniet dit ook baie om saam met my vriende verfbal te speel.”
Sy pa, Bossie, sê hy is baie trots op sy seun. “Ek het hom baie lief en wens hom alle sterkte toe met die gr. 8 jaar wat voorlê,” sê hy. Lourens se ma Neleen vertel dat hy haar hart se punt is en haar wens vir hom is dat hy altyd die wonderlike, liefdevolle en behulpsame seun sal wees wat hy is.



