Calitz-gesin is dankbaar
Na die afsterwe van die geliefde vriend, broer en seun, Corrie Calitz, wil die Calitz-gesin graag familie, vriende en die gemeenskap bedank vir hul ondersteuning gedurende dié moeilike tyd asook hul onder-steuning tydens die roudiens.
POLOKWANE – Na die afsterwe van die geliefde vriend, broer en seun, Corrie Calitz, wil die Calitz-gesin graag familie, vriende en die gemeenskap bedank vir hul ondersteuning gedurende dié moeilike tyd asook hul onder-steuning tydens die roudiens.
“Baie dankie vir al die gebede, telefoonoproepe, blomme en kos asook die sommer net dáár wees waarmee julle ons ondersteun het,” sê die gesin.
Marlene en Callie wil ook om verskoning vra dat hulle dadelik na die diens vertrek het, maar hulle wou graag die verassing bywoon wat direk na die diens plaasgevind het.
‘n Spesiale woord van dank gaan ook aan die Freshwell-klante wat verstaan het dat die winkel vir twee dae gesluit was en vir die besoeke en drukkies aan Callie se broer, Christipher, en suster, Joria, asook die volgehoue ondersteuning van die winkel.
“Ons wil mense laat met die woorde van Jesaja 57:1-3 in dankbaarheid aan almal wat bygedra het om die groot hartseer van die familie net ‘n bietjie ligter te kan maak in hierdie tyd.”



