Leeuwelpies sterk by Crown aan
Die Crown Rehabilitation and Conservation Centre buite Polokwane is die tydelike tuiste van twee leeuwelpies.
POLOKWANE – Die Crown Rehabilitation and Conservation Centre buite Polokwane is die tydelike tuiste van twee leeuwelpies.
Volgens René Olivier, eienaar van die sentrum, is die twee welpies weesgelaat, en amper dood gevind op ‘n wildboer se plaas.
“Hulle is na Pietersburg Dierekliniek geneem vir behandeling en om gestabiliseer te word en sterk nou by ons aan. Sodra hulle aangesterk het, gaan hulle weer terug na hul eienaar toe,” verduidelik Olivier.
Crown is ‘n geregistreerde rehabilitasiesentrum wat omsien na wilde diere.
Olivier neem alle wilde diere wat as gevolg van menslike foute seerkry in en dokter en versorg hulle tot hulle weer in die natuur vrygelaat kan word.
Haar kontaknommer is 072 513 9149 en sy het ‘n Facebook-blad wat besoek kan word, naamlik Crown Conservation and Rehab Wildlife Centre.



