Myngenoegen Shelter is steeds oop en het baie hulp nodig
Myngenoegen Shelter se deure staan steeds oop en die bestuur vra dat inwoners hierdie toevlugsoord sal help om skuiling te bied aan mense wat geen ander heenkome het nie.
Myngenoegen Shelter se deure staan steeds oop en die bestuur vra dat inwoners hierdie toevlugsoord sal help om skuiling te bied aan mense wat geen ander heenkome het nie.
“Ons mense is goed versorg en het elke dag ietsie te ete danksy die hulp van ons pragtige stad en sy inwoners.
“Ons het wel hulp met ons Eskom-rekening nodig asook ons rekening by die Dalmada Waterraad,” sê Christa van Tonder, sekretaresse van Myngenoegen Shelter se bestuur.
Van Tonder sê die toevlugsoord sal vanjaar ‘n kosstalletjie by die Polokwane Skou beman.
Indien hierdie stalletjie goed ondersteun word, kan die inkomste wat hier gegenereer word ‘n groot verskil vir die inwoners van Myngenoegen Shelter maak.
Sy vra dat inwoners wat wil help deur die stalletjie vrywillig te beman die toevlugsoord se voorsitter, Pieter Booyzen, by 082 414 1122 kontak of vir Christa van Tonder by 083 302 4313.
Die publiek is ook welkom om hierdie nommers te skakel vir verdere inligting oor die oord en hoe om betrokke te raak.
“Ons gaan baie hande nodig hê om te help kosmaak.
“Ons het vrywilligers nodig om te help pannekoek bak asook om jaffels, hamburgers pap en vleis en kerrie en rys te maak.”
Myngenoegen Shelter moet egter betaal vir die stalletjie by die skou.
Indien iemand ‘n kontantbydrae wil maak, is die bankbesonderhede as volg:
Rekeningnaam: Myngenoegen Shelter
Bank: ABSA
Spaarrekening
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 927 566 7290
Om ‘n betaling op die Eskom rekening te maak:
Rekeningnaam: P M Booyzen
Bank: ABSA
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 231 0000 119
Verwysing : 576 349 4741
“Baie dankie aan elke inwoner van Polokwane wat ons help met bydraes.
“Dit word baie waardeer.
“Sonder julle kan ons nie die hawelose mense versorg nie,” sê Van Tonder.



