CrimeNews

EDWEL se lede fnuik inbraak op patrollie

Lede van 'n Edwel buurt-wagpatrollie het om 03:50 verlede Donder-dagoggend op 'n maroen Golf afgekom wat vermoedelik gebruik is deur voornemende inbrekers wat by 'n huis in Genl. de la Reyweg probeer inbreek het.

POLOKWANE – Lede van ‘n Edwel buurt-wagpatrollie het om 03:50 verlede Donder-dagoggend op ‘n maroen Golf afgekom wat vermoedelik gebruik is deur voornemende inbrekers wat by ‘n huis in Genl. de la Reyweg probeer inbreek het.

Gelukkig vir die patrollie, was die polisie ook in die area op patrollie en die vermoedelik voornemende inbrekers is die skrik op die lyf gejaag. Hulle het in die Golf gespring en het sonder ligte weggejaag, het Antuanette Pretorius, van Edwel, aan Review vertel.

Pretorius het vertel die buurtwag het verlede Donderdagoggend met die huisbewoners in aanraking gekom en hulle het vertel dat hulle ‘n blou mus op hulle grasperk opgetel het. Die huisbewoners het nie geweet waar die mus vandaan gekom het nie.

Die Edwel-bestuur het hulle lede wat bereid was om patrollie te ry bedank. “Hierdie is ‘n bewys dat die patrollies werk en dat dit misdaad definitief kan voorkom,” het Pretorius namens die Edwel-bestuur gesê.

Sy het weereens ‘n dringende beroep gedoen op inwoners van Eduanpark en Welgelegen wat kan help om op patrollie te gaan, om met die buurwag in verbinding te tree. “Hulp word dringend benodig, selfs al is dit net vir een skof van twee ure lank per maand.”

Die twee beweerde mesaanvallers wat die area nou ‘n ‘n ruk lank teister het ook verlede Donderdag ‘n persoon wat vroegoggend in Loganstraat gaan draf het voorgelê. Niks is geroof nie en volgens Pretorius het niemand gedurende die voorval seergekry nie.

Edwel-buurtwag se noodnommer is 074 163 3935 of 074 16 EDWEL.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button