Bloed vloei by Bolivia
Die Klasseriesaal van Bolivia Lodge is verlede Maandag in 'n bloedskenkkliniek omskep na die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddienste (SANBD) beddens en tafels daar opgeslaan het.
POLOKWANE – Die Klasseriesaal van Bolivia Lodge is verlede Maandag in ‘n bloedskenkkliniek omskep na die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddienste (SANBD) beddens en tafels daar opgeslaan het.
Dit was Bolivia Lodge se tweede bloedskenkkliniek van die jaar en heelwat mense het ‘n tydjie afgestaan om daar bloed te gaan skenk.
“Dit is beslis nie die laaste bloedskenkkliniek wat ons by Bolivia Lodge gaan hou nie. Daar gaan definitief weer een wees,” het Sonja Randall, bemarkingsbestuurder van Bolivia Lodge, gesê.
“Ons wil graag besighede in ons omliggende omgewing ook by hierdie projek betrek en nooi hulle uit om ons volgende bloedskenkkliniek by te woon,” het sy gesê.



