Local NewsNews

Heli se vlieënier spring ongeluk vry met blitsvinnige noodlanding op stuk veld

Die vlieënier van 'n klein Raven I helikopter het onlangs amper sy rieme styfgeloop toe die vliegtuig waarmee hy gevlieg het byna in die veld oorkant die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé neergestort het.

POLOKWANE – Die vlieënier van ‘n klein Raven I helikopter het onlangs amper sy rieme styfgeloop toe die vliegtuig waarmee hy gevlieg het byna in die veld oorkant die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé neergestort het.

Die vlieënier, wat verkies om anoniem te bly, het vertel dat hy alleen in die tweeman-helikopter oor die skool gevlieg het toe hy noodseine van sy instrumentpaneel gekry het.

“Ek het geen keuse gehad nie en moes dadelik na die eerste en beste plek soek om veilig te land. Gelukkig was die veld naby genoeg en kon ek sonder moeite die noodlanding daar uitvoer.”

Hy het na ‘n deeglike ondersoek en ‘n paar verstellings sy helikopter weer in die lug gekry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button