Local NewsNews

Sluit aan by Edwel, GPF en beveilig jou gesin en jou woning

Inwoners van Welgelegen en Eduanpark word versoek om deel te raak van dié area se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), Edwel.

POLOKWANE – Inwoners van Welgelegen en Eduanpark word versoek om deel te raak van dié area se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), Edwel.

In die jongste misdaadinsidente is daar op 2 Junie op die hoek van Van Warmelo- en Potgieterstraat ‘n verdagte persoon om 03:00 opgemerk in ‘n erf. Die GPF het ge-reageer maar die man was reeds weg.

Op 4 Junie, tussen middernag en 02:00, is daar by ‘n huis op die hoek van Holland- en Markus Straat ingebreek en het die diewe onder andere weggekom met ‘n groot televisiestel.

Om 03:00 op Maandag 5 Junie was daar weer ‘n poging om by ‘n huis in Eduanpark in te breek. Die dief se poging het misluk omdat hy reeds in die tuin gewaar is. Die Edwel GPF het weer gereageer maar die inbreker het weggekom. ‘n Sak met ‘n boutsnyer (bolt cutter) en dokumentasie is op die toneel gevind.

Onder die dokumentasie was ‘n werkspermit wat bevestig dat die inbreker ‘n Zimbabwe inwoner was, en slegs al 10 dae in die land was.

“Die GPF is slegs een oproep weg en in nood is dit belangrik om te weet dat wanneer jy iemand soek, daar iemand dalk net ‘n huis of twee weg is wat kan help.

Daarom is dit belangrik dat inwoners by die GPF aansluit om te verseker dat die kriminele element uit die woorbuurt verwyder word,” het een van die GPF bestuurslede wat nie geidentifiseer wil word, gesê.

Lede van die gemeenskap word versoek om by Edwel aan te sluit deur gebruik te maak van die volgende nommer in tye van nood: 074 163 3935.

E-posse kan ook aan itstopshere.edwel@gmail.com gestuur word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button