Local NewsNews

Seun (17) kry seer in ongeluk

Op Maandag 16 Junie om 18:00, op Jeugdag, is Hennie Brink (17) en sy familie se lewens omvergegooi toe hy baie seergekry het in 'n motorfietsongeluk.

POLOKWANE – Op Maandag 16 Junie om 18:00, op Jeugdag, is Hennie Brink (17) en sy familie se lewens omvergegooi toe hy baie seergekry het in ‘n motorfietsongeluk.

Hennie se ma, Leonie, sê Hennie het met sy motorfiets gery toe ‘n wit bakkie hom by die kruising van Webster- en Jorrisonstraat omgery het.

“Hy het op die bakkie se enjinkap geland en die man het die bakkie volgens ooggetuies eers 20 meter verder tot stilstand gebring. Die man het glo uit die bakkie gespring en weggehardloop,” vertel sy.

Leonie sê Hennie is per ambulans na die Pietersburg Provinsiale Hospitaal geneem. “Ons het om 19:30 daar aangekom en Hennie in ongevalle opgespoor. Hy het daar gelê tot 03:30. Daarna het hulle hom na ‘n saal geneem, maar daar was nie vir hom plek in die ortopediese saal nie,” verduidelik sy.

“Dinsdag het geen dokter hom besoek nie en laatmiddag het ‘n dokter ons eenkant geroep en verduidelik dat daar ‘n groot busongeluk was. Hy het gesê daar was geen dokters beskikbaar om Hennie te help nie en dat Hennie twee weke lank sou moes wag om geopereer te word.

“My kind het sy regterbeen op twee plekke gebreek en sy regterarm is ook gebreek. Die personeel by die hospitaal het dit net toegedraai.”

Leonie verduidelik dat ‘n familievriend Hennie se X-straalplate aan ‘n plaaslike ortopeed gewys het. Dié dokter het gesê hy sal so gou moontlik op Hennie se been moet opereer om die skade te herstel.

“Die dokter het gehelp dat Hennie na die Mediclinic Limpopo oorge-plaas word. Hy is Vrydag oorgeplaas en Saterdag geopereer. Die diens by Mediclinic Limpopo was uitstekend. Die personeel was almal baie vriendelik en behulpsaam,” sê Leonie.

Leonie sê sodra Hennie ontslaan word, sal sy hom na sy ouerhuis in Tzaneen neem om te herstel. “Wat met sy skoolwerk en eksamens gaan gebeur weet ek nog nie,” sê sy.

Hennie is ‘n leerder aan die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en loseer in Polokwane.

Omdat die Brinks nie aan ‘n mediese fonds behoort nie, moes Leonie ‘n lening aangaan om vir sy operasie te betaal. Weldoeners kan kontant in ‘n trustrekening betaal om Leonie se geldelike las te verlig.

Bankbesonderhede:

L Pienaars Prokureurs

ABSA Bank

Rekeningnommer 408 192 7118

Takkode: 632 005

Verwysing Hennie Brink.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button