MunicipalNews

Ashoop onder die bestes in die land

Vullisortingsterreine regoor Limpopo is deur AfriForum-lede geïnspekteer en Polokwane se stortingsterrein is volgens hul bevindings onder die beste 26% getoetsde terreine in Suid-Afrika.

POLOKWANE – Vullisortingsterreine regoor Limpopo is deur AfriForum-lede geïnspekteer en Polokwane se stortingsterrein is volgens hul bevindings onder die beste 26% getoetsde terreine in Suid-Afrika.

Dit is volgens ‘n verslag wat verlede week deur AfriForum vrygestel is nadat 99 AfriForum-takke inspeksies gedoen het by vullisstortingterreine.

Munisipale stortingsterreine is op grond van 25 punte ten opsigte van wetlike en ander vereistes beoordeel.

Die munisipaliteite van Mogalakwana en Ba-Phalaborwa (beide 84%) se stortingsterreine klop egter dié van Polokwane (80%) wat standaarde aanbetref, terwyl sewe ander terreine in Limpopo nie aan minimumstandaarde voldoen het nie.

Die stortingsterrein in Modimolle (16%), het die swakste in die provinsie gevaar en daar is ook volgens AfriForum mediese afval op die terrein gevind.

Munisipaliteite moet aan die minimumstandaarde voldoen sodat die omgewings-, gesondheids- en veiligheidskwessies tot die minimum beperk word,” het Morné Mostert, AfriForum se koördineerder vir Limpopo, gesê.

“Polokwane se stortingsterrein het nie behoorlike stormwater-infrastruktuur nie en daar was brandende vure op die terrein. Die owerhede hanteer, beheer en kontroleer ook nie klagtes en mense wat ‘n oorlas van hulself maak op die terrein nie. Daar was ook nie pikwerkers (pickers) op die terrein tydens die inspeksie nie.”

AfriForum meen dat die 2014-verslag as ‘n konstante gebruik gaan word waarteen ooreenstemmende infrastruktuur en al die ander dorpe en stede met AfriForum-takke volgende jaar geëvalueer sal word.

“Daar is 26 munisipaliteite met ‘n telling van meer as 80% wat elk ‘n sertifikaat van waarde-ring van AfriForum sal ontvang.

“AfriForum wil hierdie munisipaliteite bedank omdat hulle die leiding in Suid-Afrika neem en hulle werk voortreflik uitvoer om verantwoordelike afvalbestuurspraktyke te verseker en daardeur aan die relevante wetgewing en lisensies vir afvalbestuur voldoen. Hul moet beloon word omdat hulle hulle die omgewing teen besoedeling beskerm,” het Julius Kleynhans, omgewingsakehoof van AfriForum, gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button