NewsSchools

Tommies sê dankie

Verskeie leerders van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé is beloon vir die geld en produksietoerusting wat hulle ingesamel het gedurende vanjaar se kaskarresies in Februarie.

POLOKWANE – Verskeie leerders van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé is beloon vir die geld en produksietoerusting wat hulle ingesamel het gedurende vanjaar se kaskarresies in Februarie.

Elke leerder het borgvorms gekry en hulle moes soveel geld moontlik vir die skool insamel.

Die drie leerders wat die meeste geld ingesamel het, het kontantpryse van onderskeidelik R3 000, R2 000 en R1 000 ontvang.

Die klas wat die wedren gewen het, gr. 12A, het 81,6km tydens die wedren afgelê en is beloon met ‘n heerlike uitspan-naweek by die ATKV-Eiland Spa.

Leerders het ook kon-tantpryse gewen vir produksietoerusting-insamelings. Produksietoerusting sluit items soos stene, ligte, pype en grondverskuiwingstoerusting in.

Die klas wat die meeste geld ingesamel het was die gr. 10A-klas met R50 658.

Hulle het ook produksie-toerusting ter waarde van R106 575 ingesamel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button