Editor's choiceLocal NewsNews

Fratsongeluk by windpomp eis Tommie

'n Fratsongeluk het Sondag die lewe geëis van Zander Smith (14), 'n gr. 8-leerder van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé.

POLOKWANE – ‘n Fratsongeluk het Sondag die lewe geëis van Zander Smith (14), ‘n gr. 8-leerder van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé.

Volgens Zander se ma, Riana, het hy sy pa, Pieter, gehelp om die windpomp op hulle plaas reg te maak toe sy baadjie in die windpomp se meganisme verstrengel geraak het.

“Sy pa het hom probeer help, maar hy het self ook verstrengel geraak en baie seergekry. Die nooddienswerkers moes hom daar gaan uitsny. Zander is dood in die ongeluk,” het sy vertel.

“Pieter is nou vir die tweede keer in die teater en daar is sprake dat hy sy arm kan verloor,” het sy gister (Maandag) aan Review gesê.

Karin de Jager, Tom Naudé se gr. 8-graadvoog, het gesê Zander was ‘n “mense-mens”.

“Hy was ‘n vreeslike nederige kind en het altyd tyd gemaak vir sy maats. Ons gaan hom baie mis.”

Zander was die derde kind van Polokwane wat die afgelope week dood is. Nicole Botha en Riané van der Berg, beide leerders van Curro Heuwelkruin, is ook oorlede (sien elders op blad).

Willie Schoeman, skoolhoof van Hoërskool Pietersburg, het dié skool se medelye oorgedra aan die families. “Ons het met leedwyse ver-neem van die afsterwe van die drie leerders. Ons betuig hiermee ons innige meegevoel aan die ouers, hoof, personeel en leerders van die twee Heuwelkruin-leerders en Tom Naudé-seun wat onderskeidelik verlede Donderdag en Sondag oorlede is.

“‘n Hartseer week waar drie jongmense te ruste gelê sal word het vir Polokwane aangebreek.”

Zander se begrafnisreëlings is nog nie getref nie en sal later bekendgemaak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button