NewsSchools

Puik jaar vir PLS se o/9A-rugbyspan

Die o/9A-rugbyspan van Pietersburg Laerskool het 'n uiters suksesvolle jaar agter die rug.

POLOKWANE – Die o/9A-rugbyspan van Pietersburg Laerskool het ‘n uiters suksesvolle jaar agter die rug.

Die span het sesde geëindig in die Super 12-kompetisie vir al die grootskole noord van Johannesburg en het ook onoorwonne van ‘n onlangse rugbytoer na die Waterberg teruggekeer waar hulle drie wedstryde gewen het en een gelykop gespeel het.

Die span is onoorwonne in die Limpopo-liga waar hulle respek afgedwing het op die veld en as die 0/9-liga wenners van die provinsie geëindig het.

“Hulle is uitgenooi na die Bondedag-toernooi waar al die wennspanne van regoor die voormalige Transvaal teen mekaar meeding maar die Bondedag iss ongelukkig afgestel,” vertel Chris de Klerk, die span se afrigter.

BUCO het die span deur die jaar ondersteun met raad en daad en nuwe spanbaadjies geborg ten pyte van die feit dat die Bondedag-toernooi afgestel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button