POLOKWANE – Die jongspan van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum het verlede Vrydag hulle jaarlikse Trots Suid-Afrika-dag in behoorlike styl gevier.
Die Teddies het meer geleer oor die ryk kultuurskat van Suid-Afrika en in die voorafgaande weke veral baie geleer oor die verskeie bevolkingsgroepe van Suid-Afrika.
Heerlike eg Suid-Afrikaanse disse soos pap en sheba, pannekoek en melktert het die Teddies se smaakknoppies oortyd laat werk, terwyl pretaktiwiteite soos gumboot-danse en boeresport die dag afgerond het.
Volgens die Speelbereklas se juffrou, Yolandé Krogh, was die dag groot pret vir die jongspan én die onderwysers.
“Ons het die geleentheid aangegryp om vir die kinders iets te leer van die geskiedenis en tradisies van Suid-Afrika.
“Soms was dit meer pret vir die onder-wysers as vir die kinders, maar almal het die dag baie geniet,” het sy gesê.



