POLOKWANE – Die Mnr. en Mej. Heuwelkruin-kompetisie gaan oor leerders wat uitreik na die gemeenskap.
Hierdie 12 finaliste het by verskeie organisasies sonder winsbejag, soos Aretha Tehuis, Jo-Anne Rusoord en Martha Hofmeyr Tehuis besoek en met die inwoners gesels en hulle bederf.
Een groep, Ross Pretorius, Nardus Snyman, Maritza Jacobs en Minette Snyman, het besluit om ‘n werkkamer in Martha Hofmeyr Tehuis te heromskep in ‘n heerlike, gesellige vertrek waar die inwoners kreatiewe take saam-saam kan aanpak.
“Ons het besluit om die kleure helder en vrolik te maak en dus was pienk die verkose kleur.
“Ons het gordyne laat maak asook bokse waarin allerhande materiale gestoor kan word wat die inwoners kan gebruik,” het Maritza aan Review vertel.



