POLOKWANE – Laerskool Pietersburg-Oos se o/13-meisiestennisspan het ‘n silwer medalje losgespeel in die Super 12-liga.
Die span wat bestaan uit Chaunté du Bruyn, Zené de Waal, Lise Prinsloo en Leigh van der Merwe het in hul semi-finale wedstryd teen Laerskool Kruinsig 21 spelle in die enkelspelstryd gewen om as wenners uit die stryd te tree, terwyl Kruinsig slegs sewe spelle kon inpalm.
In die finaal het die Osies teen Laerskool Hennopspark gespeel.
Na die enkelspelle was die telling 15-12 in die guns van Hennopspark. Tydens die dubbelspelwedstryde het Hennopspark ook die verdere ses spelle gewen wat hulle nodig gehad het om die eerste plek te wen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



