Louis Audie praat oor kleur in kuns
Saterdag het kunsliefhebbers van die stad by René Bonthuys se huis bymekaargekom om 'n lesing van bekende kunstenaar, Louis Audie, by te woon.
POLOKWANE – Saterdag het kuns-liefhebbers van die stad by René Bonthuys se huis bymekaargekom om ‘n lesing van bekende kuns-tenaar, Louis Audie, by te woon.
Louis het spe-sifiek oor kleurgebruik gepraat.
Hy het verduidelik hy probeer om die Afrika-son deur sy kuns in huise en kantore te laat skyn in sy bekende landskapstonele.
Hy het verduidelik sy kuns is rea-listies met ‘n tikkie impressionisme daarby.
Louis is in 1935 gebore en het in Johannesburg grootgeword.
“Toe ek nege jaar oud was het ek gekyk hoe ‘n vrou waterverfkleure meng en ek was vasgenael. Sy het my gehelp om kleur te begin verstaan.”
Na skool het hy sy opleiding by ‘n kunsskool voltooi en hy was ook vir 20 jaar lank in die evangelisasie-bediening.
Louis het gesê hy het homself leer skilder met enige materiale wat hy in die hande kon kry en sy aanhoudende probeerslae en oefensessies het sy unieke tegniek ontwikkel.
Hy het verduidelik hy gebruik gewoontlik olieverf, maar eksperimenteer ook met akrielverf.
Hy verkies om in die aand, wanneer alles en almal rustig is, te skilder, maar hy sou eintlik heeldag kon sit en verf.
Onlangs het Louis en sy vrou, Sandra, hul lewe in Johannesburg veruil vir die veel stiller lewe in Graskop.
“As ek by my kombuisvenster uitkyk, kyk ek vas in God’s Window.
Die natuurskoon en rustigheid is wonderlik daar,” het hy gesê.



