Editor's noteLocal NewsNews

Smaaklike uitstappie vir 17 kinders

'n Groep van 17 kinders het verlede Maandag 'n heerlike ete by 'n plaaslike seekosrestaurant geniet danksy die hulp van weldoener Louise Jansen.

POLOKWANE – ‘n Groep van 17 kinders het verlede Maandag ‘n heerlike ete by ‘n plaaslike seekosrestaurant geniet danksy die hulp van weldoener Louise Jansen.

Louise het die kinders verlede Maandag trakteer op ‘n ete by Cape Town Fish Market in Polokwane.

“Ek doen nie hierdie tipe liefdadigheid om aandag op myself te vestig nie, maar omdat die Here dit op my hart druk. Ek hou daarvan om mense te help en ‘n verskil te maak,” het Louise gesê.

Die kinders, almal inwoners van verskeie plekke van veiligheid in die stad, het gesê hulle het die uitstappie geweldig geniet.

“Ons kon bestel net wat ons wou hê en ons het melkskommels en nagereg ook gekry,” het een kind opgewonde vertel.

“Die kinders was in die sewende hemel. Hulle het presies dit gekry waarvoor hulle gevra het. Hulle kon nie uitgepraat raak oor die ondervinding nie,” het Hetta Hamann, ‘n huismoeder van een van die betrokke plekke van veiligheid, gesê.

Louise het haar man, Phil, en Maryna Kruger bedank vir hulle raad en ondersteuning tydens hierdie projek. Sy het ook die borge RE/MAX Northland Realty en Cape Town Fish Market bedank vir hulle bydraes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button