Editor's noteLocal NewsNews

Geswem vir liefdadigheid

Die agtmylklub verteenwoordig verskeie liefdadigheidsorgansisasies en die swemmers wat lede is, wys hul slag tydens die Midmarmyl

MOKOPANE – OM deel te wees van die agtmylklub wat geld vir liefdadigheid insamel deur agt myle te swem in die Midmardam was ‘n droom wat Wihan Geerkens (17) onlangs kon verwesenlik.

Die agtmylklub verteenwoordig verskeie liefdadigheidsorgansisasies en die swemmers wat lede is, wys hul slag tydens die Midmarmyl wat elke jaar in die Midmardam in Kwazulu-Natal gehou word.

Wihan het saam die ander klublede op Saterdag, 7 Februarie, vier myle geswem en die volgende dag weer vier myle voltooi. Die lede swem met hul goue pette. Wihan het die Prinses Charlene van Monaco-stigting verteenwoordig. Dié stigting beywer hom daarvoor om kinderverdrinkings te voorkom en om te sorg dat kinders waterveilig is.

Wihan se ma, Estelle, vertel swemmers wat die agtmylklub wil swem moet elke jaar ‘n aansoekvorm voltooi met hul sportgeskiedenis en ook bereid wees om self borge te bekom wat hulle gaan ondersteun sou hulle gekies word. ‘n Minimum van R10 000 moet vir die betrokke organisasie ingesamel word.

Dit was vanjaar die sesde keer dat Wihan die Midmarmyl geswem het en dit was nog altyd sy droom om in sy matriekjaar deel van die agtmylklub te wees.

Estelle het vanjaar vir die eerste keer die Midmarmyl voltooi. Sy was deel van die Geerkens-familiespan wat sesde was in item twee (familiemyl).

“Ek en my man, Hanri, het saam ons drie seuns, Wihan, Abraham en Hann, die item aangepak. ”

Wihan bedank al sy borge wat dit vir hom moontlik gemaak het om vir ‘n goeie doel sy kant in die water te bring. Hulle is, Irma Lombard, Triple G, RealNet Mokopane, Maré-familietrust, Hilary Knight, Janet Duvenage van Micromatica, Jannes van der Watt van Ipex Petroleum, Johan Peens van Zebediela Stene, Willem Neetlingh van PTK Motors, Sarie Coetzee, Niel Kruger van Kruger Boekhouers, Health Zone gymnasium, Vera van Schalkwyk en Katija Essack.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button