CrimeNews

Limpopo-‘veediewe’ ontsnap

Twee vermeende veediewe wat glo deel is van ’n sindikaat wat sowat R2 miljoen se beeste en bokke in Limpopo en Noordwes gesteel het, het uit die polisieselle in Modimolle ontsnap.

MODIMOLLE – Twee vermeende veediewe wat glo deel is van ’n sindikaat wat sowat R2 miljoen se beeste en bokke in Limpopo en Noordwes gesteel het, het uit die polisieselle in Modimolle ontsnap.

 

Andries Chauke (52) en Titus Chauke (34) het Sondag glo die tralies van die sel waarin hulle aangehou is afgesaag en gevlug.

Hulle is in 2013 in hegtenis geneem saam met Tinus Groenewald (37) van die Oos-Rand wat verlede week tot effektief 16 jaar gevangenisstraf in die Mokopane (Potgietersrus)-streekhof gevonnis is.

Die twee Chaukes is nie verwant aan mekaar nie. Hulle het volgehou hulle is onskuldig.Hul verhoor is geskei van dié van Groenewald en sou later in die streekhof in Modimolle voortgesit word.

Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê ’n ondersoek word gedoen oor hoe die Chaukes kon ontsnap het.

Lees meer
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button