Editor's choiceNewsSchools

Tommie-jaers trots op hul warm enjins

Die drie leerders, Johnny du Randt, Dylan Bosch en Roeline van Breda, het verlede jaar aan Polokwane Oval-wedrenne begin deelneem.

POLOKWANE – Drie leerders van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het verlede Vrydag gedurende pouse hul motors ten toon gestel.

Die drie leerders, Johnny du Randt, Dylan Bosch en Roeline van Breda, het verlede jaar aan Polokwane Oval-wedrenne begin deelneem.

“Ons het vandag se geleentheid gereël om die ander leerders bewus te maak van hierdie sportsoort,” het Stephan Weidemann, voorsitter van Polokwane Oval, vertel.

“Dit is ook belangrik dat mense weet dit is ‘n veilige sportsoort met al die veiligheidsmaatreëls en regulasies wat van toepassing is op motorsport in plek,” het hy verduidelik.

“Ek hou van alles omtrent die sport,” het Dylan, wat vanjaar in gr. 9 is, gesê.

Dylan het verlede jaar die Rookie-klas in die Polokwane Oval-klubkampioenskappe gewen. Hy het vertel dat hy vanjaar beplan om “saam met die groot manne” aan die 1660-klas deel te neem.

Hy het die jaar goed begin deur ‘n derde plek in die eerste kampioenskappe van die jaar te wen.

Roeline, ‘n gr 8-leerder, het ook verlede jaar met die sportsoort begin, maar het ongelukkig haar kar afgeskryf in Mei.

“Ek sien uit na hierdie seisoen, ek het nou my nuwe kar weer opgebou en is gereed vir enigiets,” het sy vertel.

“Motorsport leer jou meer van motors en help jou ook om te konsentreer op wat jy doen,” het sy bygevoeg.

Johnny is in gr. 11 en het vertel dat hy in die eerste jaar wat hy aan Oval-wedrenne deelgeneem het reeds ‘n paar eerste plekke verwerf.

“Ek hou van die adrenalien en die spoed.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button