NewsSchools

Kruinies wy hul astroturf-hokkiebaan in

Curro Heuwelkruin het verlede Vrydag hul nuwe astroturf-hokkiebaan amptelik ingewy.

POLOKWANE – Curro Heuwelkruin het verlede Vrydag hul nuwe astroturf-hokkiebaan amptelik ingewy.

Nadat die skool se hoof, Eben Lingenfelder, die lint geknip het om die baan te open, het die hokkiespelers nadergestaan om die baan in te wy met ‘n baie spesiale wedstryd.
Hokkiespanne van die skool het mekaar die stryd aangesê op hierdie nuwe oppervlak.
“Die Astroturf-baan is ‘n semi-nat of hibriedbaan wat beteken dat die baan in nat of droeë weerstoestande gebruik kan word,” het Lingenfelder gesê.
“Hierdie oppervlak is soortgelyk aan die oppervlak waarop die wêreldkampioenskappe gespeel word.” Volgens Lingenfelder is EnkaFlex H Shockpad vir die baan gekies wat die beste dreinering, balhop, spelergemak en duursaamheid bied.
Verder is Greenfields HT LSR 20 ND met Tencate-garedraad teen 1 620g/m² gebruik vir hierdie gehaltebaan.
“Die hoëvolume-garedraad sal optimale speeltoestande en langlewendheid van die oppervlak verseker,” het Lingenfelder gesê.
Konstruksie aan die baan het verlede jaar in September begin.
Lingenfelder het gesê die skool sal later ook ‘n klubhuis, pawiljoen en spreiligte as deel van die nuwe hokkiebaan-kompleks oprig.

Henco Botha is een van Curro Heuwelkruin se hokkiespelers wat ‘n kans gekry het om op die nuwe astroturf-hokkiebaan te speel.
Henco Botha is een van Curro Heuwelkruin se hokkiespelers wat ‘n kans gekry het om op die nuwe astroturf-hokkiebaan te speel.

(MEER FOTO’S)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button