MunicipalNews

Slaggate herstel in Westenburg-area

Die munisipaliteit het verlede week verskeie slaggate in Westenburg se strate reggemaak.

POLOKWANE – Die munisipaliteit het verlede week verskeie slaggate in Westenburg se strate reggemaak.

Dit na Review se berig dat die inwoners kwaad en frustreerd is omdat die munisipaliteit na hul mening nie aandag gee aan hul munisipale probleme nie.

“Ons het genoeg gehad van die munisipaliteit se swak dienslewering. Die slaggate is nou wel reggemaak, en ons is dankbaar daarvoor, maar dit kom meer as ‘n maand na die beloofde sperdatum wat die munisipaliteit aan ons in die koerant gegee het.

“Ons moet eers 100 keer in die koerant kla voordat iets gedoen word, en dit is nie regverdig nie. Die munisipaliteit moet hul sokkies optrek en werk in ons gemeenskap,” het die inwoners gesê.

Die munisipaliteit het aangedui dat hulle teen 23 Januarie al die slaggate in die woonbuurt reggemaak sou hê, maar net die slaggate in Ben Harrisstraat en gedeeltes van Buysstraat was teen dié spertyd reggemaak.

Volgens die inwoners het die munisipaliteit nooit gaan kyk of begin werk aan die strate wat die ergste geraak is tot verlede week nie. Hierdie strate sluit in John Smith-, Whitehead-, Buys-, en Nagelstraat.

Die inwoners beweeer dit is as gevolg van swak vakmanskap dat die slaggate so ‘n groot probleem in die area is.

“In die verlede het die kontrakteur, wat die munisipaliteit aangestel het om die slaggate reg te maak, die gate vol sand gegooi en dan teer daaroor gegiet. Die gevolg is dat die gate oor ‘n paar dae weer oopbreek.

“Maar hierdie keer lyk dit of die kontrakteur goeie werk gedoen het. Die stukkende gedeelte van die pad is uitgesny en skoongemaak. Daarna is die oop gat met gruis en ander materiaal gevul en teer daaroor gegooi.

“Dit lyk of die gate nie gou weer gaan oopgaan nie,” het een van die inwoners verduidelik.

Motoriste sê die slaggate het hul voertuie baie beskadig en ‘n klomp geld gekos.

“Dankie Review vir al julle hulp om die slaggate toe te kry.”

Die munisipaliteit maak slaggate reg in Westenburg. Die strate wat die ergste geraak word is Whitehead-, John Smith-, Buys-, en Nagelstrate.
Die munisipaliteit maak slaggate reg in Westenburg. Die strate wat die ergste geraak word is Whitehead-, John Smith-, Buys-, en Nagelstrate.

 

Westenburg-inwoners is keelvol vir slaggate

Vreugde nadat munisipaliteit begin om Westenburg-slaggate op te vul

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button