Risk-Med vra ondersteuning
Risk-Med het besluit om 'n gemeenskapsprojek te stig om die manne van staal, wat ons lewens beveilig, se taak te verlig.
MOKOPANE – GEDURENDE die Paasnaweek is ons paaie oorlaai met voertuie wat op reis is na hul verskillende bestemmings, die verkeersbeamptes, brandweer en nooddienste span dan saam om so ver moontlik ‘n krisisvrye Paasnaweek te verseker. Hierdie nooddienste is dag en nag op hul pos, slaggereed indien hul benodig word.
Risk-Med het besluit om ‘n gemeenskapsprojek te stig om die manne van staal, wat ons lewens beveilig, se taak te verlig.
“Ons vra vir enige donasies – van water, koeldrank, ‘n peuselhappie, papier borde en glase, vleis of kontant, sonder die gemeenskap se betrokkenheid is dit nie moontlik om ‘n verskil te maak nie,” sê Liezel Bosman van Risk-Med.
Vir verdere vrae of belangstelling kontak vir Liezel op 072 200 0095 of vir Valerie Byliefeldt, gemeenskapsprojek ondersteuner, op 073 457 3510.



