NewsSchools

Camp Discovery ‘n reuse sukses

DIE Krugies se o/13A en B-netbalspanne het vanaf 24 tot 26 Maart aan 'n baie suksesvolle netbalkliniek by Camp Discovery deelgeneem.

MOKOPANE – DIE Krugies se o/13A en B-netbalspanne het vanaf 24 tot 26 Maart aan ‘n baie suksesvolle netbalkliniek by Camp Discovery deelgeneem.

Daar was 400 meisies vanaf 15 skole van regoor die land wat aan hierdie netbalkliniek deelgeneem het.

“Dit wat ‘n fantastiese geleentheid en ek sal dit verseker aanbeveel. Die meisies het baie geleer en hulself gate uit geniet. Hulle was selfs bederf met ‘n wildrit,” sê Retha du Toit, een van die afrigters.

Die o/13A-span het deurgedring tot die eindstryd, maar dit het ongelukkig uitgereën, “al die meisies het puik gespeel,” sê Retha.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button