MOKOPANE – MET die koms van die Paasnaweek spog die strate van Mokopane nou met drie nuwe vierrigtingstopstrate om die veiligheid van ons gemeenskap te verseker.
Die nuwe stopstrate is aangebring by die Kruger- en Ruiterstraat, Kruger- en Dudu Madishastraat en Ruiter- en Geyserstraatkruisings.
“Ek is baie dankbaar oor die nuwe stopstrate veral na die vorige insident, op 27 Januarie, waartydens ‘n fratsongeluk plaasgevind het en ‘n kar deur ons pallisades gery het. Ouers kan nou met ekstra gerustheid hulle kinders in Trinitas kleuterskool se sorg laat. Ek bedank almal wat betrokke was in die bydrae tot die nuwe stopstrate,” het Esna Du Plessis, eienaar van Trinitas Kleuterskool, gesê.



