Local NewsNews
Paaseiergelukkie vir senior burgers
Die Paashaas het vanjaar vroeg al ‘n draai gemaak by die Jo-Ann Rusoord vir bejaardes.
POLOKWANE – Die Paashaas het vanjaar vroeg al ‘n draai gemaak by die Jo-Ann Rusoord vir bejaardes.
Review het besluit om die inwoners van die tehuis te bederf met ‘n soetigheid op 24 Maart.
Jo-Ann Rusoord se eienaar, Anne-Marie Massyn het vertel dat mense soms van die ouer garde vergeet oor die Paastyd omdat hierdie feesvieringe meer op kinders gemik is.
Party van die inwoners het dadelik weggeval aan die heerlike Paaseiers wat hulle kort na middagete ontvang het, terwyl ander gesê het hulle bêre hul lekkernye vir later.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



