Editor's choiceLocal NewsNews

Golden Horns word opgeraap by SAFTA toekennings

OUD inwoners van Mokopane palm gesogte trofeë in op die negende jaarlikse South African Film and Television Awards, (Safta), op die naweek van 20 Maart.

MOKOPANE – OUD inwoners van Mokopane palm gesogte trofeë in op die negende jaarlikse South African Film and Television Awards, (Safta), op die naweek van 20 Maart.

Die toekeningsgeleentheid vereer, vier en bevorder die kreatiwiteit, kwaliteit en uitnemendheid van die Suid-Afrikaanse rolprent- en televisietalent asook produksies, en dien as motivering vir entrepreneurskap en die ontwikkeling van nuwe talent in die bedryf.

Elke wenner ontvang ‘n trofee genaamd die Golden Horn, en dit simboliseer ‘n gesamentlike poging, die erkenning van die individu as deel van ‘n span en ‘n ervaring wat eie is aan die film en televisiebedryf, waar samewerking die hoeksteen van ‘n suksesvolle produksies is.

Die 33-jarige Franci van den Heever en 31-jarige San-Mari Calaca, beide oud inwoners van Mokopane, is werknemers by ZaNews, ook bekend as die Puppet Nation, in Kaapstad.

Franci, ook ‘n oudskolier van Hoërskool Piet Potgieter, het twee Golden Horns ontvang, een vir die beste prestasie in kuns ontwerp produksie vir ‘n TV-komedie en een vir die beste prestasie vir grimering en haarstilering.

San-Mari het ‘n Golden Horn ontvang vir die beste prestasie in kostuumontwerp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button