MunicipalNews

Park oorkant HTS vorder

Die nuutopgerigte ontspanningspark in Welgelegen, op die hoek van Landdros Maréstraat en Potgieterrylaan spog reeds met verskeie speelapparaat en voltooiing van die park vorder fluks.

POLOKWANE – Die nuutopgerigte ontspanningspark in Welgelegen, op die hoek van Landdros Maréstraat en Potgieterrylaan spog reeds met verskeie speelapparaat en voltooiing van die park vorder fluks.

Die begroting vir die park is R800 000. Buiten speelapparaat sal braaigeriewe ook opgerig word.

Inwoners van die buurt was eers gekant teen die oprigting van die park, maar hul vrese dat die park geraas tot gevolg gaan hê en moontlik misdaad ook, is deur die munisipaliteit besweer.

Volgens dié gaan ‘n sekuriteitsfirma moontlik aangestel word om die gebied te patrolleer.

Tidimalo Chuene, ‘n munisipale woordvoerder, het gesê die munisipaliteit het geen verdere klagtes van die gemeenskap ontvang nie na ‘n vergadering gehou is tussen die munisipaliteit en die wykraadslid.

Tydens hierdie vergadering is bepaalde voorstelle aangehoor en oplossings gevind vir klagtes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button