POLOKWANE – Die nuutopgerigte ontspanningspark in Welgelegen, op die hoek van Landdros Maréstraat en Potgieterrylaan spog reeds met verskeie speelapparaat en voltooiing van die park vorder fluks.
Die begroting vir die park is R800 000. Buiten speelapparaat sal braaigeriewe ook opgerig word.
Inwoners van die buurt was eers gekant teen die oprigting van die park, maar hul vrese dat die park geraas tot gevolg gaan hê en moontlik misdaad ook, is deur die munisipaliteit besweer.
Volgens dié gaan ‘n sekuriteitsfirma moontlik aangestel word om die gebied te patrolleer.
Tidimalo Chuene, ‘n munisipale woordvoerder, het gesê die munisipaliteit het geen verdere klagtes van die gemeenskap ontvang nie na ‘n vergadering gehou is tussen die munisipaliteit en die wykraadslid.
Tydens hierdie vergadering is bepaalde voorstelle aangehoor en oplossings gevind vir klagtes.



