Bosveld NewsNews

Bosveld se kreatiewe jongspan spog met hul kunswerke

DIE wys-jou-kreatiewe-kant inkleur-kompetisie wat deur Bosveld geloots is was 'n reuse sukses en ons het talle kleurvolle prag kunswerke ontvang.

MOKOPANE – DIE wys-jou-kreatiewe-kant inkleur-kompetisie wat deur Bosveld geloots is was ‘n reuse sukses en ons het talle kleurvolle prag kunswerke ontvang.

Dit was ‘n baie moeilike besluit om op die wenners te besluit en vier talentvolle kunstenaars is as die wenners gekroon.

Janélle Bronkhorst en Jayden Mostert het in die vyf tot sewe-ouderdomsgroep gewen en Tebogo Sarah Matlou, (9) en Carmichael Hendriks, (8) in die agt tot nege ouderdomsgroep.

Elkeen van hierdie kreatiewe wenners het ‘n spog DVD-kontrak ter waarde van R100 elk van die DVD-Deli gewen, ‘n heerlike roomys en smul lekker frozen yogurt.

Bosveld bedank William en Julie Read, eienaars van die DVD-deli, vir die borg van hierdie spog pryse.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button