Bosveld NewsNews

Netbal pretdag propvol aksie

STOF jou tekkies af, warm behoorlik op en vorm 'n netbalspan wat Laerskool Krugerpark se netbal pretdag op 30 Mei gaan wen.

MOKOPANE – STOF jou tekkies af, warm behoorlik op en vorm ‘n netbalspan wat Laerskool Krugerpark se netbal pretdag op 30 Mei gaan wen.

Laerskool Krugerpark daag al die besighede en individue uit om ‘n netbalspan van 10 spelers te vorm en mekaar te kom les opsê op die Krugies se netbalbane ten bate van ‘n fondsinsameling vir die gewilde sport.

Nie net is hierdie ‘n ideale geleentheid vir spanbou nie, maar dit bestaan ook uit hope vermaak, stalletjies en baie pryse. Die aksie skop af op 30 Mei om 08:00 by Laerskool Krugerpark. Inskrywingsgelde is R700 per span van 10.

Skryf so spoedig moontlik in voor die sluitingsdatum op 20 Mei.

Indien jy wil uitstal op die dag of as wenners op die netbalbaan gekroon wil word kontak vir Jamie Smit of Karen Coetzee op (015) 491 5838.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button