Wonderlike bederf, vermaak vir Louis Trichardt mammas
Die Ladies Circle 4 in Louis Trichardt het 'n Moedersdag-ete vol verrassings gereël vir die ma's van Louis Trichardt.
LOUIS TRICHARDT – Die Ladies Circle 4 in Louis Trichardt het ‘n Moedersdag-ete vol verrassings gereël vir die ma’s van Louis Trichardt.
Vroeg Saterdagoggend het die ma’s by Ocean Basket bymekaargekom waar die tafels vir hulle versier is. Hulle het ‘n heerlike ontbyt geniet met yskoue vrugtesap, vars vrugte sosaties, gevulde pannekoek, koevertjies met seekos en maalvleis, fynslaai, koffie, tee en koekies.
Terwyl die dames nog hulle ontbyt geniet het, het Chante Whelan van Polokwane, hulle vermaak met haar liedjies. Na die dames die ontbyt geniet het, het vier jong dames gespog met die rokke van Feminique Boutique deur ‘n modeparade te hou.
Die dames het almal lekker hande geklap vir die musiek en die rokke wat vertoon is tydens die modeperade waarna die dames, ontspanne en versadig, sosiaal verkeer het tot later die middag.
“Ons wil baie dankie sê aan die personeel van Ocean Basket wat altyd hulle plek vir ons beskikbaar maak.
“Dankie aan Feminique Boutique vir die pragtige rokke wat hulle aan ons geleen het vir die asemrowende modeparade, Grasdak Restaurant en Gastehuis, PD Otto Elektries vir hulle donasies en aan Daphne’s Hair and Beauty Practice. ‘n Spesiale dankie aan Ladies Circle en Agora Dames wat so die geleentheid getrou bygewoon het en gehelp het met kaartjieverkope,” het Riana Otto van Ladies Circle 4 gesê.




