Local NewsNews

Rugbyklub hou pot vir goeie doel

Daar is min dinge minder tradisioneel aan Suid-Afrika as 'n potjiekoskompetisies. Dan kom daar 'n fees, musiekkunstenaars en 'n vlooimark by en dit word 'n heerlike dag van saamkuier.

POLOKWANE – Daar is min dinge minder tradisioneel aan Suid-Afrika as ‘n potjiekoskompetisies. Dan kom daar ‘n fees, musiekkunstenaars en ‘n vlooimark by en dit word ‘n heerlike dag van saamkuier. Dit is dan ook wat op Saterdag, 9 Mei, gebeur het by die Pietersburg Rugbyklub waar die vure vroeg reeds begin brand het in afwagting van die potjiekoskompetisie.

Bo en behalwe ses uithalerpotjies wat gewissel het van skenkelpotjie, eisbein en hoender na Europese bosvark, blouwildebees tot varksterte, was daar springkastele vir die kinders en stalletjies met produkte soos seep, ingelegte noedels, en juwele.

Chanté Whelen het gaste vermaak met haar vrolike stem en die Suikerbos Dansorkes het later die voete los gemaak met hul boeremusiek.

“Ons hou die dag om geld in te samel vir onder andere Bernadine du Preez se uitstaande mediese onkoste, en Die Jakaranda FM Winter Warmer kombersprojek,” het Maryna Christie van die Pietersburg Rugbyklub vertel. Borge vir die dag was Audi, Makro, JD Fastners, Tombo Lodge, Fast Tools, John Deere, Shoprite Checkers, J3 Konstruksies, Nic de Beer van Die Ark Afslaers en die Pietersburg Rugbyklub.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button