Bosveld NewsNews

Stoeier wil goud huis toe bring

SY oefen hard en wil met twee goue medaljes terugkom, sê Marie Oosthuizen, jong stoeier van Mokopane wat op 24 Mei na Egipte vertrek waar sy gaan deelneem aan die Afrika kontinentalekampioenskappe.

MOKOPANE – SY oefen hard en wil met twee goue medaljes terugkom, sê Marie Oosthuizen, jong stoeier van Mokopane wat op 24 Mei na Egipte vertrek waar sy gaan deelneem aan die Afrika kontinentalekampioenskappe.

Marie (16) is gekies vir die kadettespan en ‘n juniorspan wat teen verskeie lande gaan meeding op die stoeimat. Dit is die eerste keer dat sy oorsee gaan deelneem en sy sien daarna uit om teen die ander lande se stoeiers haar tegnieke en vernuf te wys.

Marie het 12 jaar gelede begin stoei by die Potgietersrus Stoeiklub nadat sy haar ouer boetie in aksie gesien het, maar dit was eers in 2009 wat sy dié sportsoort ernstig begin opneem het en haar eerste kampioenskappe gewen het.

In 2013 het Marie behoorlik haar talent gewys en drie groot titels gebuit. Sy het daardie jaar die Suid-Afrikaanse Jeugkampioenskappe (o/15), die Suid-Afrikaanse Kadettekampioenskappe (o/17) en die Suid-Afrikaanse Presidente stoeikampioenskappe (o/20) gewen.

Tans oefen sy hard saam haar afrigters, Danie Venter en Japie Snyders. Sy sê dankie vir hul toewyding en bedank ook haar pa, Bertus, vir al sy hulp en leiding. Enige bydrae tot haar koste sal waardeer word. Kontak vir Bertus by 084 901 9617.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button